Kranslegging vereer slagoffer Print
News - Ons Mense
Saturday, 19 September 2020 06:43
Untitled Document

Jean Benn van Deventer, ’n graad vyf leerling by Laerskool Tygerpoort, en sy oupa, Ben Greyling, het op 8 September kranse gelê by die gedenkmuur ter ere van 117 slagoffers wat gesterf het toe twee vliegtuie in die destydse Rhodesië neergeskiet is.

Veterane van die Rhodesiese bosoorlog en die Suid-Afrikaanse Weermag het die diens, wat sedert 2012 jaarliks by die Voortrekkermonument gehou word, bygewoon.


Jean Benn van Deventer en sy oupa Ben Greyling by die gedenkmuur
Foto: Verskaf

Die slagoffers was in twee Viscount-vliegtuie wat in die 1970’s neergeskiet is. Die eerste een, die Hunyani, is op 3 September 1978 neergeskiet en 48 burgerlikes het gesterf. Daar was 18 oorlewendes maar agt is later op die toneel vermoor. Tien mense kon ontsnap deur in die nag in die bosse te skuil.

Die tweede vliegtuig, die Umniati, is op 12 Februarie 1979 neergeskiet en al 59 burgerlikes het in die ongeluk gesterf.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat: