Hy is ’n boom wat ander bome
verwurg en lyk of hy selfs
probeer om bakstene uit
geboue uit te druk. Tog is hy nie ’n
parasiet nie omdat sy wortels nie
die vaatstelsel van die gasheerboom
binnedring nie.
Ons praat van die wurgvy, ’n boom
wat soms lyk asof hy verskillende
soorte stamme het. As jy dié stamme
van naderby bekyk, sal jy sien
dat een van die stamme aan ’n ander
boom behoort of behoort het.
As die ander boom nog nie verwurg
is nie, sal dit ook lyk of een boom
twee verskillende soorte blare dra.
Die wurgvy kan ook op sy eie staan
en afhangende van waar hy is, kan
hy ’n medium-grootte boom wees
of tot 20 meter hoog word.
Die wurgvy
Medisyne
Hy is tradisioneel ’n boom waarvan
die bas gebruik word om verkoues,
seer kele, maagaandoenings, wonde
en hardlywigheid te behandel en om
melkvloei te stimuleer.
Sy melksap word gebruik vir wonde,
en ’n aftreksel van sy wortel en
vesel word gedrink om miskraam te
verhoed. Sy verpoeierde wortels
word saam met
pap geëet om neusbloeding
te stop en
sy melksap word in
die oog gedrup om katarakte te
behandel.
Die wurgvy se bas word gebruik in
die maak van matte en die gevlegte
bas maak ook ’n sterk tou. Hy word
geplant om erosie te beheer, as
skuiling, ornamenteel en ’n liplekker
konfyt kan van sy ryp vrugte gemaak
word.
Die sap wat verkry word deur die
wurgvy se wortels fyn te stamp is so
taai dat dit aan takkies gesmeer is
om voëltjies te vang. Blykbaar is dit
taai genoeg om selfs ’n tarentaal te
vang.
Verskeie wildspesies vreet sy blare
en takkies en die vrugte wat afval.
Die ryp vrugte word gevreet deur
baie soorte voëls en vlermuise. Dit is
juis vlermuise wat verantwoordelik
is vir die saadverspreiding
van dié
boom.
Die saad ontkiem
dikwels in die
mik van ’n ander
boom. Die saailing
ontwikkel
dun, donkerrooi
wortels wat uit
die ander boom
uit hang tot hulle die grond bereik.
Oor die loop van jare ontwikkel daar
dan ’n netwerk plat, wit, touagtige
strukture wat uiteindelik saamsmelt
om die gasheer te omvou en hom in
die proses te verwurg.
Klein
perdebytjies
binne-in
die vy
Vrug
Dit wat ons as die wurgvy se vrug
beskryf is eintlik ’n blom wie se
basis so gegroei het dat dit rondom
die ander blomdele vou.
Hulle sê dat die regte vrugte die
klein saadjies binne-in die vy is.
Die boom blom vir die grootste deel
van die jaar met die piek blomseisoen
in Oktober. Die blomme word
deur klein perdebytjies bestuif en
sommige van die perdebye woon
simbioties binne-in die blomme en
kan gesien word as die vy oopgebreek
word. So ’n vy is gewoonlik
7-14 mm in deursneë
Die wurgvy, Ficus thonningii, kry sy
genus naam van die Persiese woord
‘fica’. Die spesie naam verwys na
Deense botanikus Peter Thonning
wat van 1775 tot 1848 geleef het.
Dié boom is relatief droogtebestand,
maar hou nie baie van koue
winde nie. In kouer dele moet jong
plante vir die eerste twee tot drie
jaar beskut word. Hy het ’n
aggressiewe wortelstelsel en moet
nie in klein tuine, naby geboue,
swembaddens of plaveisel geplant
word nie.
Die wurgvy groei maklik van plantlote
of stiggies. Sny omtrent ’n 200
mm lange loot en verwyder die
meeste van die blare. Plaas riviersand
onder in die gat voor jy plant
om te verhoed dat die onderste
deel van die loot begin vrot.
Dís hoekom sy
naam wurgvy is
Foto: Sarahemcc
|