Bronbergers wat deesdae vreemde groen ligte sien flits in die nag of dalk’n skerp lig by hul plot sien inskyn, kan gerus wees. Dit is lede van die
Zwavelpoort Eienaarsvereniging wat patrollie doen. Daar is ses patrolliegroepe– drie voor Glastonbury-rif en Lynnwoodweg en drie agter die rif
en op die Zwavelpoortpad. As jy deel wil word van dié patrollies, bel vir
Petro Anderson by 083-604-0074.
xxx
Dié swartbord is op by José se
Farmers Shed. 
xxx
Met ’n kuier by ou Faan se plek anderdag, vertel Issie van dié vriende van
hulle. Stoere Afrikanermense was hulle. Weskusmense vir wie Ingels en
Ingelse ’n skaars en vreemde verskynsel was. Iets waarvan jy destyds in
daai wêreld net gehoor het.
Nou, sê Issie, is daar vir dié vriende drie seuntjies gebore. Toe, op ’n
mooi dag, gaan haal ma nog ’n baba by die hospitaal en dié keer was dit’n dogtertjie. Die hele ou gesinnetjie, pa en drie seuntjies, staan en bekyk
dié aardigheid toe ma dit die eerste keer by die huis aanbring en soos dit
nou maar met babas is, moet die doek toe geruil word. Issie sê die oudste
seuntjie het die anderste spulletjie aandagtig aanskou en toe met verbaasde
ongeloof op sy gesiggie gevra: “Ma, is dié baba dan Ingels?”
xxx
Is dit voor
sy gelees
het wat
agter haar
staan. Of
is dit óór
sy gelees
het wat
agter haar
staan?

xxx
Bronbergers should be on the lookout for a white Nissan Skyline that
drives suspiciously slowly around the plots. This vehicle was allegedly
involved in a robbery in Zwavelpoort towards the end of February. A lot
of steel was stolen from a shed. Apparently this vehicle scouts around in
the area and later a big truck arrives to ‘do the shopping’.
xxx
‘n Wyle gelede het Hans Lombard sy koksbaadjie by die Bronberg Lodge
opgehang en ander weivelde (of is dit vreetvelde) gaan verken. Ons is bly
om te sien ou Hans is terug waar hy hoort en al dra hy nou die nuwe titel
van ‘bestuurder’, hou hy tog weer sy kennersoog op die kombuis. |