News -
Briewe
|
Friday, 24 September 2010 07:30 |
Untitled Document
Simon du Plooy
van Potchefstroom
skryf:
Die Bronberger artikel “Slawekind
word land
se eerste vroulike
burgemeester”
en
wel vir die termyn
1931-1932
sal die Potchefstromers
nie
heeltemal mee
saamstem nie.
GGSA - Noordwes se FAMNEA Jaargang
7 No 1 (Feb 2010) het ’n artikel
deur Elmarie Weyers oor wie in die
geweste beskou word as die “eerste”.
Sy was Aletta Johanna Elizabeth Nel,
gebore Rossouw, en volgens rekords
opgediep deur Elmarie was sy vir drie
termyne burgemeester: 1930-1931;
1936-1938 en weer 1948-1949.
Merkwaardig is dat haar eggenoot
John Peter Nel ook burgemeester was
in 1918-1920. Hy het blykbaar vir die
Springbokke gespeel in 1903 maar
inligting hieroor is ietwat teenstrydig.
Dit sal interessant wees om te weet
wie van die twee formidable dames
“eerste” was, formidabel omdat
elkeen ’n baanbreker in eie reg was (in
die stilligheid hoop ek hulle is saam
“eerste”). |
|