Geen varke toegelaat in Bashewa Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 20 May 2010 17:10

Caroline Schinkel van Bashewa skryf:
Ek reageer graag op Die Bronberger se April-uitgawe waarin Pierre Lombard meer wil weet oor Bashewa.

Wat ons vermoed is dat die Bashewa-area aan ’n Joodse persoon behoort het, en dat dit na alle waarskynlikheid een groot plaas was en later opgedeel is in kleiner plotte. In die koopkontrak van ons plot staan dat daar geen varke op hierdie stuk grond aangehou mag word nie. Waarskynlik juis omdat die Jode dit as onrein diere beskou.

Ek het verder navraag gedoen by ’n Joodse dame wat die naam “Bashewa” beteken. Volgens haar beteken dit: “dogter van ses”. Miskien het hierdie persoon ses dogters gehad?

Ek sal self ook graag meer hieroor wil weet. Baie dankie vir ’n goeie tydskrif.

Dankie, Caroline. Kyk asseblief op bl 14 wat ons tot dusver uitgevind het. Lesers wat meer weet is welkom om vir ons nog inligting te stuur.-Red

 

 

© 2024 Die/The Bronberger