Niemand wou tannie Isie Smuts
destyds glo nie. As vrou van
staatsman Jan Christiaan
Smuts, was sy nie veronderstel om
uitgesproke te wees oor die spook
wat sy aanhoudend in hulle Irenehuis
gesien het nie.
Vandag, baie dekades na haar dood,
sluip dié spook glo steeds in en om
die Smutshuis, wat nou ?n museum
is, rond. Die spook is dan selfs afgeneem
en dit wil voorkom asof tannie
Isie reg was: Dis ?n ouer man
met ?n stel Kruger-snorbaarde. Of
lyk hy dalk meer Hongaars?
Dié spook pas blykbaar die
Boereskat op
Foto: Springsstad
Die storie loop dat die spook die
bewaarder van die geheim is oor die
Boereskat, beter bekend as die
Kruger miljoene, wat in die Tweede
Vryheidsoorlog verdwyn het. Almal
het gedink dié skat lê iewers in die
destydse Oos-Transvaal begrawe,
maar kenners meen nou dat die
spook die skat iewers naby die
Smutshuis bewaar.
Smutshuis is op ?n gedeelte van die
plaas Doornkloof gebou. Dié plaas is
uitgelê deur die Voortrekker, Daniël
Elardus Erasmus. Die Hongaar Alois
Hugo Nellmapius het in 1889, saam
met sy vrou, ?n nooi Johanna Corlydia
Hoffman, twee derdes van die
plaas gekoop en dit vernoem na hul
dogter, Irene.
Ouma Isie
Foto: Friends of the General Smuts
Foundation
Dit was juis Nellmapius wat groot
vriende met Paul Kruger geword het
en hom gereeld onthaal het op sy
plaas. Dit is ook waar hy vir
Arnold Theiler, wat beskou word as
die vader van veeartsenykunde in
Suid-Afrika, sy eerste werk in die
land aangebied het.
Nellmapius het op dié plaas gebly
tot sy dood in Julie 1893.
Die plaas Irene is deur Albertus van
der Bijl op ?n veiling gekoop in 1896.
?n Deel van die oorspronklike Doornkloof-
plaas is eers in 1908 deur Jan
Smuts aangekoop.
Teen daardie tyd was Paul Kruger,
oorlede op 14 Julie 1904, al vier jaar
lank dood en Nellmapius 15 jaar. Dit
kon enige een van dié twee wees
wat tannie Isie daar sien ronddwaal
het. Maar hoekom rondom dié huis?
Alois Hugo Nellmapius
Foto: Wikipedia
Is dit omdat Paul Kruger in dié
omgewing by Nellmapius gekuier
het of omdat die huis in ?n stadium
in die Oos-Transvaal was? Smutshuis
is ?n voorafvervaardigde hout-en-staal
struktuur wat Generaal Smuts
vir £300 gekoop het. Die gebou is
blykbaar oorspronklik in Brittanje
vervaardig en is toe in Indië gebruik
en later deur die Britse weermag na
Suid-Afrika verskeep waar dit as ?n
offisiersmenasie gebruik is.
Toe is die huis weer uitmekaar
gehaal, per trein na Pretoria gestuur
en met ossewa na Doornkloof vervoer
waar dit opgerig is teen ?n
koste van £1 000 in 1909.
Anton van Wouw was spotprenttekenaar
by Nellmapius
se De Pers/The Press
Foto: Wikipedia
Dié is nie die enigste, al is dit so verlangs, huis-verbintenis tussen Paul Kruger en Nellmapius nie. Die fondse vir die oprigting van Krugerhuis is deur Nellmapius voorsien en die huis is ontwerp deur Tom Claridge, ?n argitek wat destyds vanaf Kimberley na Pretoria verhuis het om vir Nellmapius geboue in en om Pretoria te kom ontwerp. Krugerhuis is
voltooi terwyl Pres. Kruger op amptelike
besoek in Europa was.
Maar kom ons begin by Nellmapius
se aankoms in die land. ?n Gekwalifiseerde
myningenieur gebore in Boedapest,
dok hy in die Kaapkolonie in
1873, die jaar wat goud gevind is. Hy
was suksesvol met die goudmynery
naby Pelgrimsrus en het die eerste
transportkonsessie vir ?n muil-koetsdiens
na Delagoabaai gekry in 1875.
Hy het ?n pad, wat vandag bekend is
as Nellmapiusweg, van Mac-Mac en
die goudvelde, oor die Krokodilrivier
by Nellmapiusdrif naby Hectorspruit
na Matalhapoort in Mosambiek,
oopgelê.
Hy het ook handel gedryf in goedkoop
Portugese drank wat hy van
die kus na die goudvelde vervoer
het. In 1878/79 gaan hy ?n vennootskap
met Robert Cottle Green wat
die plaas Hatherley, aangedui as
17 km oos van Pretoria aan die
Pienaarsrivier, besit het, aan.
In 1881 doen hy aansoek om ?n
brandewynstokery, waarvoor hy
alleenreg wou hê, op Hatherley te
begin. In Die Bronberger se September
2009 uitgawe het ons berig dat
Nellmapius gesê het dat dit hoog
tyd is dat die Volksraad mense aanmoedig
om produkte in die Republiek
te vervaardig, in plaas daarvan
om alles in te voer. Hy het voorgestel
dat hy ?n fabriek sal begin wat
suiker, meel, alkohol, bier, sigare,
asyn en styfsel vervaardig en leer
looi, maar wou ?n konsessie van die
Volksraad hê wat hom alleenreg vir
ten minste 15 jaar kon waarborg.
Die fondse vir die oprigting van die Krugerhuis is deur
Nellmapius voorsien
Foto: Rosa Swanepoel se Ou Pretoria nuusbrief
Die Volksraad het sy versoek goedgekeur
en die kontrak is ?n maand
later, in Oktober 1881 onderteken.
So het Nellmapius die enigste vervaardiger
in die Republiek geword
van sterk drank, asook die reg om
dié alkohol in grootmaat te verpak
en te verkoop sonder lisensie.
Maar dit is juis rondom hierdie tyd
wat Nellmapius deur een van sy
gereelde bankrotskappe gegaan
het. Hatherley was al wat hy nog
besit het. Hy vorm toe saam met die
maatskappy Lewis & Marks, bestaande
uit sy vriende Sammy Marks
en neefs Isaac en Barnett Lewis,
beter bekend as Barney Barnato, ?n
onderneming.
Die stokery is op 6 Junie 1883 amptelik
deur president Kruger geopen
en hy het dit na ?Volkshoop? herdoop.
Nellmapius het ook die eerste
buskruitfabriek in Suid-Afrika begin
en later die Irene Kalkwerke.
Voor hy Irene toe getrek het, het
Nellmapius op die noord-oostelike
hoek van Vermeulen- en Bosmanstraat
gewoon. Op die noord-westelike
hoek het Nellmapius se Persdrukkery
in die 1880?s tot stand
gekom. Anton van Wouw en W.
Schroder was in die 1890?s by De
Pers/The Press as spotprenttekenaars
in diens. En op die nabye Vermeulenstraatterrein
waar die Jeugsentrum
vandag staan, is die bekende
Suzannasaal in 1904 opgerig. Dit
is in hierdie saal waar Pres. Kruger
se lyk in Desember 1904 in staatsie
gelê het voor die begrafnis.
Nellmapius is in die Heldeakker
begraafplaas in Kerkstraat begrawe,
?n blote klipgooi van Paul Kruger se
graf af. |