|
 Vier ons erfenis, die smaak van ons kultuur, met die Erfenisdag Potjiekoskompetisie op 24 September by Premiermyn Hervormde Gemeente op die aansluiting van Zonderwaterweg met die R515-pad, Cullinan. Beoordeling vind om 1 nm plaas. Daar is groot pryse te wen. Vir meer inligting oor deelname, bel Elizma: 079-517-5739.
~*~
 Wet Nose Animal Rescue Centre has a Paws and Paint Colour Run on 26 September from 9:30 am to 2:30 pm. The entry fee is R200 and it includes a shirt, boerie roll and four free bags of paint. For more information send an e-mail to
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
or phone them at 068-328-3121.
~*~
 FijnWyn Innie Lente word op 26 en 27 September van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Meer as 35 wynplase gaan deelneem. Daar is watertand eetgoed by verskeie koskraampies beskikbaar en musiekkunstenaars gaan optree. Kaartjies kos R250, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659, stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of besoek www.fijnwyn.co.za.
~*~
 Die Cullinan Oktoberfest word van 10 vm tot 5 nm op 3 Oktober by Maker’s Village, Oaklaan 103, Cullinan gehou. Daar gaan Oempa-musiek wees, tipiese Duitse kos soos Eisbein en bier van verskeie brouerye. Kaartjies kos R150 en is by quicket.co.za beskikbaar. Kinders onder 18 gaan gratis in. Jou kaartjie sluit ’n bierbeker, proe-sessies en toegang in. Besoekers is welkom om hulle goed-gesosialiseerde honde saam te neem.
~*~
 Gauteng’s second annual Golden Retriever gathering, a fundraiser for Golden Retriever Rescue SA, is held from 10 am to 1 pm on 10 October at Moreleta-kerk, 1353 De Villebois Mareuil Drive, Moreleta Park. This is an event for your Goldens to socialise, wet their paws in the splash pool or show off their skills on the dog agility course. Pet vendors will be ranging from accessories, treats and advice from behavioural experts. There will be games with prizes to be won, including best dressed Golden. Entry for one dog and one adult is R130 and tickets are available at quicket.co.za.
~*~
 ‘As die skoen pas . . . ’n Aspoestertjie sprokie’ word op 2, 3 en 4 Oktober om verskillende tye by AfriForum-teater in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark aangebied. Dié is die immergroen sprokie van Aspoestertjie en ’n glasskoen. Arabella droom van ’n lank-en-gelukkig-saam, maar die prins ken nie haar naam nie en die goeie fee het ’n nuwe assistent wat ’n obsessie met papierwerk het. Kaartjies kos R190 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar.
~*~
 Jak de Priester tree op 11 Oktober om 3 nm by die Fairtree Atterbury-teater in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor op. In 2001 skryf Jak sy eerste groot treffer, ‘Sally Williams Nougat’. ’n Jaar later wen hy ATKV-Crescendo en stel sy debuut-album bekend. Nou, 25 jaar later, vier hy die mylpaal met ’n konsert vol geliefde liedjies en die bekendstelling van sy boek, ‘Jak de Priester – Van Sally tot Somerset-Wes’. Kaartjies kos R240 en is by seatme.co.za beskikbaar.
~*~
 Hazeldean Brewing Co’s Oktoberfest Beer Mile returns on 3 October from 1 pm to 3 pm. Four beers, one mile and plenty of Oktoberfest spirit. Drink a beer, run 400 metres, and repeat four times. Pull on your lederhosen or dirndl and join the celebration. Strictly no under 18’s. Early bird tickets cost R250 and are available at hazeldeanbrewing.co.za. General admission on the day at Ridge Road, Tyger Valley costs R310.
~*~
 Die Ben Eloff-uitstalvenster word op 26 September van 5.30 nm tot 9 nm by Wilge-teater, Frankweg 8, Die Wilgers gehou. Dié aand vier die talent, toewyding en musikale prestasies van studente by die Ben Eloff-ateljee en bied ’n diverse program van optredes met ’n verskeidenheid musikale style. Kaartjies kos R150 en is by quicket.co.za beskikbaar.
|