Nuwe pogings om Pretoria te herdoop na Tshwane voor die sokkerwêreldbeker
vanjaar begin, is vir eers afgeweer. Dit is egter duidelik dat
diegene wat die naam ‘Pretoria’ wil laat verdwyn, nie sal rus voor hulle
nie in hulle doel geslaag het nie. Die aanslag en stryd om die behoud van
Pretoria se naam sleep nou reeds sedert 2005 voort. Min mense besef
egter dat ’n ewe lang en soms bitter stryd oor die dorp en sy naam gevoer
is voor Pretoria amptelik as dorp aanvaar is.
Dit word algemeen aanvaar
dat Pretoria na die Voortrekkerleier,
Andries Wilhelmus
Jacobus Pretorius, vernoem
is, hoewel dit Andries se seun,
Marthinus Wessel Pretorius was wat
jare lank gespook het om Pretoria
eindelik as dorp gevestig te kry.
Dit is Marthinus wat gedeeltes van
die plase Daspoort en Elandspoort
langs die Apiesrivier teen 8 000 riksdaalders
bekom het met die oog op
die vestiging van ’n sentrale dorp.
Die plase het behoort aan JJP Prinsloo,
waarna Marthinus in briewe as
‘Prensloo’ verwys, en A van der
Walt. Die twee oewerboere sou in
paaiemente betaal word met die
opbrengs wat uit die verkoop van
erwe bekom sou word.
Andries Pretorius
MW Pretorius meld in ’n skrywe aan
die volksraad dat die ‘publiek’ en die
NG gemeente van Rustenburg,
waarheen al die Apiesrivierboere vir
nagmaal en ander kerksake moes
reis, hom versoek het om die plase
aan te koop. Die Rustenburgse kerk
en Transvaal (Zuid-Afrikaanse Republiek)
se eerste predikant, ds Dirk
van der Hof, sou uiteindelik ’n deurslaggewende
rol in die totstandkoming
van Pretoria en die stad se
naam speel.
In die aanloop van Pretoria se dorpstigting
op 7 November 1853 is die
naam Pretoriusstad voorgestel vir ’n
dorp in die middel van Transvaal
wat as sentrale vergaderplek vir die
Volksraad sou dien. Op 17 Oktober
1853 berig ‘De Zuid-Afrikaan’ ietwat
voortydig só daaroor:
“Men is ook overeengekomen eene
nieuwe stad aan te leggen en
dezelve ter gedachtenis van den
overleden Generaal Pretorius te
noemen: Pretoriusstad.”
Wessel Pretorius
Vergaderings
Ná die verkiesing van die eerste oorkoepelende
volksraad vir Transvaal
in 1849, is vergaderings om die
beurt in die vier dorpe van die tyd,
Potchefstroom, Lydenburg, Rustenburg
en Zoutpansberg gehou. Dié
vier dorpe het ook die enigste vier
NG Kerke en gemeentes in die land
gehad.
Dié volksraad was glad nie te vinde
vir die voorstel van ’n sentrale dorp
as vergaderplek vir die volksraad
nie. Teenkanting is veral uit Lydenburg,
die hoofstad, ervaar. Telkens is teen die nuwe dorp gestem en is
’n gebrek aan geld as die rede voorgehou.
Maar MW Pretorius het volhard.
As kommandant-generaal van
Transvaal was daar ook straks persoonlike
redes wat hom aangespoor
het om te veg vir die stigting van
Pretoria; hy wou sy pa, die Voortrekkerleier,
Andries Pretorius, se naam
in ’n dorp verewig hê, en hy het self
’n plaas, Kalkheuwel, in die omgewing
gehad.
Ds Dirk van der Hoff
MW Pretorius het nie net steun van
die Rustenburgse gemeente geniet
nie, maar ook van die burgers van
Zuikerbosrant (Heidelberg) wat ’n
memorandum aan die volksraad
gerig het om ’n sentrale dorp as
setelplaas vir die volksraad, langs
die Apiesrivier aan te lê. Maar met
die eerste stemming in die volksraad
was net twee lede ten gunste
van die voorstel. Hulle was JJP
Prinsloo, op wie se plaas die dorp
aangelê sou word en HA Pretorius,
’n oom van Marthinus.
Teenkanting het ook uit ’n onverwagte
oord, die boere wat laer af
teen die Apies gevestig was, gekom.
Hulle rig hulle beswaar in ’n skrywe
en sê hulle plase sal “vervallen en
onbestaanbaar worden” as ’n dorp
op Daspoort en Elandspoort sou
ontstaan. Die feit dat ’n dorp byderhand,
die verkoop van hulle produkte
sou stimuleer, het blykbaar
nie te swaar by dié boere geweeg
nie.
Die raadsaal van die ZAR op Pretoria se Kerkplein. Die gebou is beplan om twee verdiepings te
hê, maar Paul Kruger het opdrag gegee dat dit ?n ekstra verdieping moes kry om nie by die Grand
Hotel langsaan af te steek nie.
Kerk
Toe dit duidelik blyk dat die volksraad
van die republiek nie ’n sentrale
dorp in die Transvaal wou goedkeur
nie, het die kerk hom nie daarby
berus nie. Die aanvanklike gedagte
was dat ’n dorp gestig sou word
en dat die stigting van ’n gemeente
outomaties sou volg.
Op 5 Junie 1854 het die algemene
kerkvergadering van die ’nederduitsch
Gereformeerde Kerk in die
Z.A. Republiek’ onder die leiding van
ds Dirk van der Hoff weer op Rustenburg
vergader.
’n Besluit is deur die verteenwoordigers
van die vier bestaande
gemeentes geneem om ’n vyfde
gemeente in die lewe te roep. Die
volksraad het ‘toevallig’ ook op dié
dag in Rustenburg vergader en die
kerk se besluit is summier vir goedkeuring
by die volksraad ingedien.
Die volksraad het die predikant se
salaris betaal en moes besluite van
die algemene kerkvergadering
goedkeur. Die volksraad het gestem
en die stigting van ’n nuwe gemeente
langs die Apiesrivier is goedgekeur.
Op 7 Junie 1854 bereik die kerk dus
wat die volksraad in 1853 nie wou
goedkeur nie.
Terwyl die begeerte in
1853 was vir die stigting van ’n dorp
waaruit ’n gemeente sou ontstaan,
sou die gemeente wat in 1854 goedgekeur
is, die voorloper vir die dorp
in 1855 wees. Dit is ook ’n direkte
gevolg van hierdie kerklike ingrype
wat tot die uiteindelike naam
‘Pretoria’ sou lei.
Trekkers van die Fourie-trek, gelei deur Andries Pretorius, het hulle langs die Apiesrivier gevestig.
Hier vloei die Apies deur die Wonderboompoort soos hy destyds gelyk het.
Naam
Dit is besluit dat die naam van die
nuwe gemeente ‘Pretoria Philadelphia’
sou wees ter nagedagtenis van
wyle kommandant generaal AWJ
Pretorius. Wie die naam uitgedink
het word nerens vermeld nie, maar
omdat dit ’n Latynse naam is en ds
Dirk van der Hoff die enigste een
was wat iets van Latyn af geweet
het, kan dit aanvaar word dat dit hy
was. ‘Philadelphia is die Latyn vir
‘broederskap.’ ‘Pretoria Broederskap,’
dus.
Maar Pretoria is die Latynse, vroulike
verbuiging vir Pretorius. Sou dit
dan beteken dat die dorp eintlik na
mev Pretorius vernoem is? Indien nie, hoekom het ds Van der Hoff op
dié naam besluit? Die antwoord blyk
doodeenvoudig te wees: Pretoria
ruim beter met Philadelphia.
?n Skets van vroeë Pretoria. Dit is ná groot moeite as ?n gemeenteplaas
gestig en het eers later ?n dorp geword.
Met die goedkeuring van die nuwe
gemeente het Pretoria dan as gemeenteplaas
of ‘colonieplaats’ tot
stand gekom waaruit die dorp later
sou ontstaan. Die eerste twee erwe
is aan die broers Kootjie en Hendrik
Vermeulen verkoop, na wie Vermeulenstraat
vernoem is. Die Vermeulens
word beskou as
die eerste inwoners
van Pretoria.
In 1858 sou die verskillende
Boeregemeenskappe
in die Transvaal verenig om
’n hegte republiek
met ’n nuwe grondwet
te vorm. In hierdie
‘broederskap’ het
die dorp Pretoria,
wat in 1855 uit die gemeente
‘Pretoria-Philadelphia’ ontstaan het,
’n groot rol gespeel as die mees sentrale
dorp.
Die eerste sitting van die Volksraad in die voltooide Ou
Raadsaal op Kerkplein. Paul Kruger, president van die ZAR, en
JW Burger, voorsitter van die raad, sit in die voorsittersbank.
Onder hulle is die sekretaris, WJ Fockens. Links voor is JP
Meijer van Johannesburg en genl Koos de la Rey wat die distrik
Bloemhof verteenwoordig het.
Hoofstad
Volgens die grondwet wat aangeneem
is, word Potchefstroom die
hoofstad en Pretoria, omdat hy sentraal
geleë is, word die setelplaas
van die volksraad. Pretoria was
nooit die hoofstad van die Zuid
Afrikaanse Republiek nie.
Behalwe vir die periode 1877-1881,
toe Shepstone en die Engelse bestuur
Pretoria as die Transvaalse
hoofstad aanvaar het, het Potchefstroom
dwarsdeur die Republikeinse
tyd die hoofstad van die staat
gebly.
In 1881 is die ou grondwet van 1858
weer aanvaar. Nooit is deur wetgewing
Pretoria as die hoofstad van
die Z.A.R. aangewys nie.
Vanaf 1902 tot 1910 is Pretoria weer
deur die Engelse bewind beskou as
die hoofstad maar eers met die
Unie-Grondwet 1910 het Pretoria
deur wetgewing die administratiewe
hoofstad van die Unie van Suid-
Afrika geword.
Die vraag kan gevra word of die
naam ‘Pretoria’ geskiedkundig gegrond
kan word en of vernoeming
van die Voortrekkerleier, Andries
Pretorius, geregverdig is. Het hy
hoegenaamd tot die ontstaan van
die stad bygedra? Die antwoord
hierop is dat Andries Pretorius alles
met Pretoria se ontstaan te doen
gehad het.
Dit is hy wat die ‘Fourie-
Trek’ in 1848 hierheen gebring het.
Trekkers het hulle by Daspoort,
Elandspoort en Koedoespoort
gevestig en vir die sieletal gesorg
wat tot die geboorte van die nuwe
Pretoria-Philadelphia gemeente
gelei het.
Standbeeld van Andries
Pretorius
|