In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.
Dié pylvlekkatlagters is gereelde besoekers aan Derek Bekker se Olympus-tuin
’n Tierpoortse hoenderhaan gesien deur die lens van Donatella Casillo
’n Njala in die dorre veld
Foto: Eus de Clerk
Lentebloeisels in die skemerlig
Foto: Laurika van der Linde
Hendrik Opperman van Witpoort het dié mooi dagbreek raaksien
Die appelkoosbome het vroeg in Augustus reeds begin blom
Foto: `Alet Erasmus
Die swartkeelgeelvinke het hulle broeipakkies aan en is gereed vir die lente
Foto: Ronéll van der Merwe
Bye werk in ’n aronskelk
Foto: Albert Bester
’n Pragtige bos proteas om die lente te vier
Foto: Emma Koekemoer
Emma Koekemoer het die bruinkopvisvanger tussen die sagte lentebloeisels gesien
’n Dorre veld smag na die reën wat dié wolke dalk net kan bring
Foto: Luanay Laubscher
Buks Dom Boer Barnard sê die blou reën is reeds hier. Nou wag ons nog net vir die nat reën
’n Merkwaardige wolkformasie kondig die einde van nog ’n dag aan
Foto: Eus de Clerk
Laurika van der Linde het dié nuuskierige kietsiekat by die Clivias betrap
Eus de Clerk het dié strelitzia raakgekiek
Laventelblomme deur die lens van Carmen Bredenkamp
|