Kinderkuns kraai koning Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 20 September 2024 08:00
Untitled Document

Meer as 1 000 kuns- en beeldhouwerke is dié jaar vir die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) se kunstefees ingeskryf. Van die kunsstukke is op Taaldag, 14 Augustus by die BCVO se hoofkantoor in Moreletapark uitgestal waar besoekers sop en sjerrie geniet het en die kunswerke kon besigtig.


Kayla Schlebusch se kunswerk

Die Kultuurraad van die BCVO sê dat kuns, in alle vorme, ’n kritieke rol in die lewens van kinders speel deur hulle te help om hulle kreatiewe, emosionele en intellektuele potensiaal te ontdek en ontwikkel.


Besoekers by die uitstalling

“Dit is ’n uitlaatklep en gee vir kinders ’n veilige ruimte om hulle emosies te verken en verwerk. Dit dra ook by tot die algehele ontwikkeling van ’n kind se motoriese vaardighede, kritiese denke en probleemoplossing.”


’n Deel van die uitstalling
Foto’s: Verskaf

Leerlinge kry die kans om hulle talente op verskillende vlakke te ontwikkel. Hulle neem eers op skoolvlak deel waarna die bestes op streekvlak meeding. Die bestes van die streke kry dan geleentheid om op nasionale vlak deel te neem.

 

© 2024 Die/The Bronberger