Seniors vier Vrouemaand Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 20 September 2024 08:00
Untitled Document

Tierpoort Seniors het Vrouemaand op 7 Augustus by Lavandou in Grahamweg gevier.

Sanya Holtzhausen en haar dogter, Antoinette Delport, het die saal in ’n groen-en-geel sprokie omtower. Die verwelkoming was ’n glasie sjerrie in die hand.


Konsentrasie om die balans te hou

Na afhandeling van ‘Lief en Leed’ is balansoefeninge gedoen wat belangrik is op ’n gevorderde ouderdom.


Die ‘Noot-vir-Noot’ wentafel: Renita Malherbe, Magriet O’Neill, Lenie Cilliers, Martie de Klerk, Paddy de Jager, Annatjie Pienaar en Hannetjie Bloem

Met die aktiwiteit van die dag, ‘Noot-vir-Noot’, het die gaste in tafelverband meegeding. Marietjie Alers het verskeie liedjies met vrouename in op haar trekklavier gespeel. Slegs een tafel kon al 14 name korrek op hulle lys invul.


Van links na regs: Paula Sassenberg en haar susters uit die Kaap, Engela Lubbe, Joey du Plessis, Vicky Meyer, Mareen Bellingham en Norma Dunbar

Die spyskaart het die tema, ‘Ma se Afdag’, goed aangevul. Daar was pastei, sous en tjips met slaai. Die nagereg was halwe ingelegde perskes, gevul en gebak met sjokoladekoekies in. Dit is met roomysballe bedien.

 

© 2024 Die/The Bronberger