Só lyk die Voetenatmaak–wenners Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 20 September 2024 08:00
Untitled Document

Die eerste drie wenplekke in die KragDag 2024 junior entrepreneurskompetisie se Voetenatmaak-afdeling (agt tot 13 jaar) kom vanuit Laerskool Rayton.

Dié kompetisie, wat in Augustus by die Sakeliga KragDag-ekspo gehou is, bied ’n informele platform waar kinders hulle entrepreneuriese vernuf kan toets en hulle sakgeld kan aanvul. Vanjaar het die junior entrepreneurs die kans gekry om hulle idees en produkte aan meer as 34 000 besoekers bekend te stel.

Die Voetenatmaak-afdeling is ’n ligter weergawe van die Doelgerig-pakket, hoofsaaklik gerig op jonger junior entrepreneurs. Beoordeling is deur suksesvolle sakemanne gedoen en die wenners kry voortgesette mentorskap-geleenthede. Selfs in die voorbereiding vir die uitstalling was daar reeds die kans om sake-afrigtingsessies by te woon.


Die Voetenatmaak-wenners, van links na regs: Taria Coetzee, Elmary Coetzee, Mieke-Marie Fourie, Tanika Fourie en Johanko Fourie saam met Albert van Wyk van ‘Maak my ’n miljoenêr’

Die eerste plek het aan Johanko en Tanika Fourie met hulle ouma se resep vir tuisgemaakte limonade-stroop gegaan.

Elmary en Taria Coetzee het die tweede plek gekry met ‘Blommetjie gedenk aan my’, waar hulle pragtige blomme met bou-blokkies gemaak het.

Die derde plek het aan Mieke-Marie Fourie van ‘Reënboog Salon’ gegaan vir haar jelnaels en badbomme.

 

© 2024 Die/The Bronberger