Tannie Willemien word 102 |
|
|
News -
Ons Mense
|
Friday, 20 September 2024 08:00 |
Untitled Document
Tannie Willemien Wieringa van Kleinfontein het op 16 Augustus haar 102de verjaardag gevier. Sy is nog op en wakker, doen haar eie werk en geniet elke dag die dinge wat sy doen.
Op haar 100ste verjaardag in 2022 het tannie Willemien aan Die Bronberger gesê: “Ek het in Holland geleer werk en ek glo dis wat my steeds hier aan die gang hou.”
Van links na regs: Maria De Carvalho; Leonie Wandrag; tannie Willemien Wieringa;
en Johnny De Carvalho
Foto: Helen White
Tannie Willemien is in Wageningen naby Arnhem, waar ’n groot slag in die Tweede Wêreldoorlog in September plaasgevind het, gebore. Sy en haar twee kinders, Emma en Bennert, het in 1952 na Suid-Afrika getrek om by haar man Wybe (’n Fries) aan te sluit. Emma en haar man Klaus is deesdae in Duitsland en Bennert en sy vrou Dee in Amerika.
Willemien Wieringa op haar 102de verjaardag
Foto: Annetjie Coetzee
Tannie Willemien is ook trots op die Hummel-kruisiesteek borduurwerk wat sy doen sedert sy in 1952 in Suid-Afrika aangekom het. |
|