News -
Briewe
|
Friday, 20 September 2024 08:00 |
Untitled Document
Eus de Clerk van Cullinan:
In hierdie tye van kabeldiefstal, vandalisme, lout-riedaksjin, blêkouts, lout-sjêdieng en swak onderhoud op die elektriese infrastruktuur, is daar darem één liggie wat altyd helder brand: Die Bronberger, ons eie Bronnie. Al vir 22 jaar!
As die krag af is, lees ons eenvoudig die Bronnie by kerslig
’n Mens besef nie altyd hoe moeilik dit moet wees om teikendatums en spertye na te kom met die alewige onderbrekings van die elektriese toevoer nie. Tog slaag die Bronnie daarin om elke maand se uitgawe betyds te versprei.
Dankie, Angie en al jou hardwerkende personeel. Julle skitter soos sterre – selfs wanneer die krag af is. Lekker verjaar en voorspoed vir die volgende 22 jaar. |
|