News -
Briewe
|
Friday, 20 September 2024 08:00 |
Untitled Document
Riana Lombaard van Ballito: So lekker om die elektroniese weergawe te ontvang. Het gou vinnig deurgeblaai en kan nie wag om rustig te gaan sit en lees nie. Twee-en-twintig jaar! Elke jaar ’n rede om trots te wees. Baie dankie! Ek sien uit na nog vele uitgawes.
Carol Roux van die BCVO in Moreletapark: Baie dankie vir u kosbare Bronberger. Ons waardeer dit opreg dat u elke jaar die moeite doen met ons kinders se kunstalente.
Engela Pretorius van die Bronberg-gebied: Duisend dankies vir die elektroniese Bronnie! Ek gaan – soos altyd – dit baie geniet!
Hendrik Ver Loren van Themaat van Zwavelpoort: Ek is so bly dat julle nog steeds so goed doen, ook vir die gemeenskap.
Marie Hamman van die Bronberg-gebied: Baie dankie vir Die Bronberger. Weereens ’n uitstekende en interessante uitgawe.
Attie Pelzer van Ermelo: Hou asseblief u goeie werk vol. Wanneer ek in Pretoria kom dan kry ek gereeld u tydskrif, wat iemand vir my bêre.
Thys Swanepoel van Vic-Haven: Sterkte met die gelaaide herinneringe van die feesuitgawe.
Ernst, Ella en Joritha Lösch, voorheen van Bashewa: Baie geluk met Die Bronberger se 22ste verjaardag. Ai, dit was altyd so lekker om te lees. Mooi loop van ons drie Lösch Mosselbaaiers.
Lilla du Preez van Pretoria: Veels geluk met 22 jaar, en sterkte met die uitgawe! |
|