Baat by Bronnie se 22 jaar Print E-mail
News - Kommentaar
Monday, 19 August 2024 10:00
Untitled Document

In September gaan dit ’n volle 22 jaar gelede wees wat die heel eerste uitgawe van die Bronnie op die gemeenskap van ons gebied losgelaat is. En ons het asem opgehou . . .

Ja, ons het geweet dit is ’n enorme waagstuk om ’n onafhanklike publikasie sonder enige rugsteuning van die grond af te kry en aan die gang te hou. Maar ons het ook geglo dat Die Bronberger ’n leemte sou vul.

Daardie eerste uitgawe het net ses advertensies gedra, maar skaars was dit in die hande van die mense van die Bronberg-gebied of die oorweldigende reaksie het begin instroom. Die positiewe reaksie van ons lesers het begin deurwerk na adverteerders en die Bronniewiele het begin rol.

Volgende maand rol daardie wiele al 22 jaar lank en dit is steeds ons lesers, wat deur die volgehoue ondersteuning van ons adverteerders, sorg vir die lewensbloed wat die Bronnie se hart aan die klop hou.

Dit is julle wat ons daartoe in staat gestel het om as onafhanklike publikasie deur die jare – ten spyte van vele uitdagings, terugslae en kommerwekkende onsekerhede – stewig te bly staan: Iets wat deesdae baie selde in die publikasiewese gebeur en waaroor ons baie dankbaar is.

So, skuif solank reg, want ons beplan ’n baie spesiale verjaarsdag-uitgawe in September en ons nooi alle adverteerders en lesers om deel daarvan te wees. In die jare wat dié een voorafgegaan het, is ons spesiale gedenkuitgawes in September telkens goed ontvang en baie goed ondersteun.

Ons wil almal wat in die laaste 22 jaar gereeld of net soms in Die Bronberger geadverteer het, nooi om ons verjaardag saam met ons te vier deur ’n advertensie in die September-uitgawe te plaas.

As jy nog nooit in Die Bronberger geadverteer het nie, is hierdie die ideale kans om nuwe voete nader te lok. Jou advertensie gaan in ’n versamelstuk verskyn wat ons lesers soos ’n kosbare besitting bewaar en in terug blaai oor baie maande heen.

Ons leser-vriende is welkom om ons te laat weet waarvan hulle in die Bronnie hou. Wanneer het jy jou heel eerste Bronnie raakgeloop? Is daar ’n spesifieke storie in die Bronnie wat jou nog al die jare bybly? Waarna verlang jy terug? Waarvan sal jy meer in die toekoms wil sien? Wat maak die Bronnie vir jou spesiaal?

Bespreek jou plek vroegtydig om deel van die Bronnie se spesiale gedenkuitgawe te wees. Die sperdatum is 10 September.

Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Bel Angie: 083-959-1016 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Bel Tania: 072-089-0227 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Bel Hannes: 072-992-5440 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger