News -
Ons Mense
|
Monday, 19 August 2024 10:00 |
Untitled Document
MêMê is ’n baie spesiale Tierpoortse skapie. Die Casillo-gesin moes haar die aand van haar geboorte wegneem van haar ma, wat nie vir haar kon sorg nie.
Hulle was baie bekommerd oor dié skapie se oorlewing, siende dat sy nie die lewensbelangrike kolostrum-melk van haar ma kon inkry nie. MêMê is met die hand grootgemaak en het sedert daardie eerste nag van haar lewe in die Casillo’s se huis gewoon.
Charmaine Casillo en MêMê kyk mekaar stip in die oë
Foto: Donatella Casillo
Donatella Casillo vertel dat MêMê ’n behoorlike huis-skapie is wat absoluut weier om iets met die ‘buite-skape’ te doen te hê. Sy is immers ’n juffie wat op die bed slaap en aan selfone se batterylaaiers en haar mense se klere kou. |
|