Marthie Gamba van Rayton:
‘Pretoria se eerste dokter help om Hollandse vrymesselaarslosie te stig’: Ek lees nou in Die Bronberger se Julie-uitgawe van die Arnoldi’s. Die Arnoldi wat in Cullinan-begraafplaas begrawe is, is my oupa Bernardus GAD Arnoldi.
Die begrafnis van Fritz C Arnoldi
Bernard het drie seuns gehad. Die oudste was Fritz Casper (getroud met Lettie Venter), die tweede was Hendrik Johannes (getroud met Marie Ward) en die jongste was Bernardus GAD (getroud met Martha Christina van Staden).
Hendrik Johannes Arnoldi en Bernardus GAD Arnoldi is ook in die Cullinan-begraafplaas begrawe. Dié twee het in die Cullinan-myn gewerk en is albei in 1966 in myn-ongelukke oorlede – ses weke uit mekaar.
Voor: Bernard Arnoldi, links, en Fritz C Arnoldi, regs.
Agter: Frans-Arné Arnoldi, links, en Jan Arnoldi, regs
Ses maande later is my oupa en ouma ook ses weke uit mekaar oorlede. My pa was die oudste seun, Fritz Casper. Hy is in die Rayton-begraafplaas begrawe. |