Skenkings vir stene Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 19 July 2024 08:00
Untitled Document

SA Cares for Life bou ’n laerskool met ses klaskamers danksy ruimhartige skenkings uit die gemeenskap.

Dié organisasie sonder winsbejag het ’n perseel in Zonderwaterweg op Cullinan waar hulle daagliks vir behoeftige kinders, wat hulle by hul woonplekke gaan haal, skoolgee, maaltye verskaf en met kospakkies by die huis gaan aflaai. Hulle maak die stene vir die bou van die laerskool self op dié perseel.

Michael Joubert, nasionale projekbestuurder van die organisasie, het gesê dat hy en sy span een klaskamer vir die 24 kinders wat daagliks onder hulle sorg is, wou bou. “Dit kos R12 om ’n steen te maak en ons het so 4 000 stene vir die projek nodig gehad, oftewel so R280 000.” Danksy luisteraars van die radiostasie GROOTfm 90.5, is hulle verwagtinge ver oortref en het skenkings van R365 000 ingekom.


Sonet Stofberg, Johan en Tanya Kelder, Michael Joubert en Annelie Bouwer
Foto: Verskaf

Die opleidingsdienssentrum, verkoelkamer vir vleisverwerking, bakkery en koffiebrandery op SA Cares for Life se perseel is met stene, wat daar vervaardig is, gebou. Werklose ouers van behoeftige kinders kry die kans om te help stene maak en bou om ’n inkomste te verdien.

SA Cares for Life is al vier jaar in die Cullinan-gemeenskap aan die werk.

 

© 2024 Die/The Bronberger