Bron van ontwrigtende rumoer verwyder |
|
|
News -
Aktueel
|
Friday, 19 July 2024 08:00 |
Untitled Document
Bure se toenemende klagtes oor geraasbesoedeling vanaf Plastic View-nedersetting in Garstfonteinweg-verlenging, het vrugte afgewerp. Tshwane Metropolisie het luidsprekers by sjebeens, wat glo die bron van die ontwrigtende rumoer was, op 15 Junie in beslag geneem.
Tshwane Metropolisie het luidsprekers by Plastic View-nedersetting in beslag geneem
Foto: Stad Tshwane
Die metro het onlangs ’n hoë-vlak taakspan ingestel om herhalende kwessies by Plastic View, Cemetery View en Wolwespruit informele nedersettings te hanteer. Burgemeester Cilliers Brink het gesê dat dit vir die polisie baie moeilik is om geraas- en lugbesoedeling en die ontwettige verkoop van alkohol in informele gebiede te kontroleer, maar dat die metro vas van plan is om inwoners tegemoet te kom om die lewe in en rondom gemeenskappe veiliger te maak. |
|