News -
Aktueel
|
Friday, 19 July 2024 08:00 |
Untitled Document
Die besoedelde stormwatersloot langs Garstfonteinweg in Moreletapark is op 27 Junie deur die gemeenskap self skoongemaak.
Volgens die Pretoria-Oos Gemeenskapsorgforum het rommel en verwering dié sloot verstop en ook veroorsaak dat besoedelde water uiteindelik in die Moreletaspruit beland en skade aan spesies in dié spruit aanrig.
Die stormwatersloot langs Garstfonteinweg
Foto: Pretoria-Oos Gemeenskapsorgforum
Stigterslid van dié forum, Deirdré van Helsdingen, het gesê dat hulle nog nie die geblokkeerde sloot wat onder Rubensteinrylaan deurloop kon skoonmaak nie, omdat spesiale toerusting daarvoor nodig is. Hulle is besig om kwotasies te kry om ’n masjien vir dié werk te huur. |
|