Verander winter se spelling Print E-mail
News - Briewe
Friday, 19 July 2024 08:00
Untitled Document

Buks Dom Boer Barnard van Elandshoek:
Dom Boer se kille beswaar teen spelling vir die dag:
Elkeen behoort te weet dat die winter net erg (of erger) raak as die wind waai. As die wind nie waai nie is die winter warmer en die koue kalmer. Die angel van die winter lê in die wind.

Daarom reken Dom Boer die taal- en spellingbeheptes wat hulle smoele so vol het oor spelfoutjies soos ‘waarskeinlik’ in plaas van ‘waarskynlik’, ‘oppad’ of ‘opad’ in plaas van ‘op pad’ en ‘aantuigings’ in plaas van ‘aantygings’ moet eerder hulle kragte daaraan wy om die spelling van ‘winter’ na WINDTER te verander. Dit sal beter by die koue pas.

 

© 2024 Die/The Bronberger