News -
Briewe
|
Friday, 19 July 2024 08:00 |
Untitled Document
Freda Waterston van die Bronberg-gebied:
Voor elke winter is ons angstig oor wat hierdie seisoen gaan gebeur. Voor elke koue front wat kom, is dit erger met die wind wat woes waai. Jou lewenswerk kan binne minute verwoes word.
Anneline Grobler stuur dié foto en vertel dat ’n plaas tussen Rayton en Cullinan met ’n onverwagse wind op 3 Julie in ’n kwessie van ’n halfuur swart gebrand het Jy maak voorbrande en beplan wat jy kan en vertrou in jou Hemelse Vader vir beskerming en gaan help jou gemeenskap waarvan jy deel is as daai angskreet oor die gemeenskapradio kom: “Daar is ’n brand!”
|
|