News -
Briewe
|
Friday, 19 July 2024 08:00 |
Untitled Document
Pieter Strobos van die Moot:
‘Terugslae, tragedies en teleurstellings van Villieria se taalpionier-stigter’ in Die Bronberger se Mei-uitgawe: Ek wil net my grootste dank en waardering vir die besondere artikel oor die geskiedenis van Villieria uitspreek.
Ek het vyf jaar vir prof Deon von Willich by die Departement Siviele Ingenieurswese as senior lektor gewerk. Sy ouma, Bettie von Willich, is natuurlik op Robertson begrawe, soos ek toe in die artikel gelees het. Ek dink prof von Willich sou volpunte vir hierdie artikel gegee het!
Prof Deon von Willich was ’n baie talentvolle man. Byvoorbeeld: Jong ongetroude paartjies het na hom toe gekom om in sy perfekte handskrif troukaartjies vir hulle uit te skryf. Sy lesings was ook in sy eie handskrif uitgeskryf. Ek het nou nog afskrifte daarvan.
Dan het hy ’n besonderse musiektalent gehad.
Baie, baie dankie Angie. |
|