News -
Briewe
|
Friday, 19 July 2024 08:00 |
Untitled Document
Lizelle Van Eeden van Zwavelpoort
Ons woon op Zwavelpoort en liewe tannie Nela Pretorius (buurvrou) het vir ons dogtertjie, Klarabelle, ’n Heidi-rokkie gemaak. Sy het dit Maandagoggend in ’n sakkie aan ons palissade-hek gehang sodat Klarabelle (ons eie Heidi) die rokkie kan aanpas wat sy spesiaal vir haar verjaardag op 26 Julie gemaak het.
Klarabelle met haar Heidi-rokkie in ’n sakkie by die vullisverwyderingstrok
Met die wind gister, het die sakkie op die grond beland en het die vullisverwyderingstrok dit saam met al ons ander vullissakke geneem. Ons het vir Debbie by Van Zyl Refuse gebel en gevra of hulle groot asseblief kan kyk om die ou dogtertjie se hartjie gerus te stel.
Klarabelle in haar Heidi-rokkie
Debbie het my so 4 nm gebel en gesê die trok wag by Bafana. Hulle het tussen al die asbliksakke gesoek en het die rokkie vir ons gekry! Ons wil net dankie sê vir die ekstra myl wat hulle vir ’n klein dogtertjie geloop het. Klarabelle het hulle met ’n geldjie beloon.
|
|