News -
Briewe
|
Friday, 19 July 2024 08:00 |
Untitled Document
Frikkie de Jager van Benoni:
Hoe sou ek Die Bronberger kon komplimenteer as dit nie was vir die Broodblik & Koffiepit koffiewinkel wat ook by julle adverteer nie?
Die Junie Bronberger-uitgawe is my eerste ervaring. As afgetrede bankier wie woonagtig is in Rynpark-aftreeoord, Rynfield, Benoni, was ek so beïndruk met julle verskeidenheid artikels asook puik adverteerders, dat ek julle graag komplimenteer met Die Bronberger se uitgawes.
Ook wil ek almal wie Die Bronberger lees vra om werklik die adverteerders te ondersteun. Was dit nie vir vandag se boere-ontbyt en boerbrood by Broodblik & Koffiepit, waar ek Die Bronberger tydskrif gratis ontvang het nie, sou ek definitief die artikel oor Willem Prinsloo Landboumuseum se Mampoerfees gemis het. Nogmaals baie dankie vir julle puik tydskrif. |
|