In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.
Oscar (van Oscar en Knersis) is ’n redding-liefde vanaf Wet Nose. “My hart se punt,” sê Riaan Jacobs wat die foto geneem het
’n Toneel op die plaas Elandsfontein buite Bronkhorstspruit
Foto: Riaan Jacobs
Wanneer die son in die Bronberg-bewarea sak
Foto: Paul Gerber
Die son gaan onder met al sy kleure
Foto: Ursula Joubert
Albert Bester het dié rooikophoutkapper voor die lens gekry
Cullinan . . . die veld teen skemer
Foto: Eus de Clerk
Die son sak oor Die Boer in Hazeldean
Foto: Luanay Laubscher
Die akkedis ontdooi in die oggendsonnetjie
Foto: Eus de Clerk
’n Houtkapperby of Timmermanby (Engels: Carpenter Bee, genus Xylocopa), hard aan die werk
in die laat herfs sonnetjie
Foto: Eus de Clerk
Aalwynblomme in die nag
Foto: `Alet Erasmus
Emma Koekemoer het die vlerkeklap van dié spierwit duif bewonder
Dié kransduif het op Albert Bester van Rayton se grasperk geland
‘Vuurwarm in die winter’ is die boodskap wat dié aalwyne uitstuur
Foto: Emma Koekemoer
|