News -
Ons Mense
|
Friday, 14 June 2024 08:00 |
Untitled Document
NG Gemeente Tygerpoort op Shere se Tygerplein-droom is in Mei verwesenlik. Dominee Zander van der Westhuizen en kerkraadsvoorsitter, Wilhelm Steyn, het die plein op Sondag 19 Mei aan die gemeente onthul.
Saamkuier op Tygerplein
Foto’s: Verskaf
Nuwe fasiliteite, wat multifunksionele lokale, ’n saal, winkel, video-ateljee en ’n koffiewinkel insluit, is om ’n plein gebou om ’n plek te skep waar die hele gemeenskap, nie net die gemeente nie, gereeld saam kan koffiedrink en kuier. |
|