Beste in land Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 14 June 2024 08:00
Untitled Document

Heinrich Alexander Schoombie van Olympus het die beste in Suid-Afrika gevaar in die Cambridge internasionale AS-vlak rekenaarwetenskap-eksamen. Hy het sy toekenning op 9 Mei by ’n swierige seremonie vir uitstaande Cambridge-leerders by Melrose Arch in Johannesburg ontvang.


Heinrich Schoombie met sy toekenning
Foto: Verskaf

Dié jaarlikse prysuitdeling is deur Cambridge en die Britse Raad gereël vir die eksamens wat verlede jaar geskryf is. Heinrich het op 4 April 18 geword en was maar 17 jaar oud toe hy die eksamen geskryf het.

Hy is ’n leerder by Saintsburg in Achillesweg, Zwavelpoort, ’n onderrigsentrum wat die Britse kurrikulum volg en kinders met eksamenvoorbereiding help. Hulle leerders skryf by Cambridge-sentrums eksamen en Heinrich het sy eksamen by die plaaslike Montessori-kollege afgelê.

 

© 2024 Die/The Bronberger