Trapfietsryers op teerpaaie |
|
|
News -
Briewe
|
Friday, 14 June 2024 08:00 |
Untitled Document
Izaak Rabie van Grootfontein
As nuwe intrekker wil ek eers dankie se vir u tydskrif. Danksy Die Bronberger en vriendelike mense, kon ons redelik gou ná ons intrek in Pretoria-Oos agterkom waar die nodige dienste in die omgewing is.
Iets wat my opgeval het, is die trapfietsryers wat op ’n smal Garstfonteinweg soms selfs twee-twee langs mekaar op die teerpad ry. Volgens my waarneming blyk daar voldoende grondpaaie langs Garstfonteinweg te wees vir ons fietsryers?
Kan ek dalk net verneem wat gedoen kan word, om dit vir almal veiliger te maak? As die teerpad wyer gemaak word, kan hulle dalk vier-vier langs mekaar ry.
Motoriste se klagtes oor fietsryers op Bronbergland se paaie kom al ’n baie lang pad en menige lesersbriewe is al oor dié onderwerp vir die Bronnie geskryf. Inwoners het selfs al met fietsryklubs, wie se lede soggens in spitstyd op die paaie oefen, gaan praat. Dit blyk nie asof enige oplossing gevind is om die situasie vir almal veiliger te maak nie. – Red |
|