In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.
Word die twee perde deur ’n bleshoender onderstreep?
Foto: Eus de Clerk
“Ek het nog nooit ’n sonsondergang ontmoet waarvan ek nie gehou het nie.” – Anoniem
Foto: Emma Koekemoer
“’n Nagfoto van my sonneblom,” sê `Alet Erasmus oor dié foto van haar
Eus de Clerk het dié waterlelies bewonder
Morné Smith het die sonsondergang op ’n kleinhoewe buite Cullinan vasgevang
Francois Bredenkamp het dié herfsboom voor die lens gekry
Dié muisvoël laat hom nie keer as kos in sig is nie
Foto: Albert Bester
Nektar van die seisoen se laaste blommetjies word gretig voor die lang wintermaande opgeraap
Foto: Nimue Fletcher
Marinda Smal van Rayton wonder of dié interessante wolke beteken dat koue op pad is
Shadow, die sniphond van Rayton, en Aleya Pool speel met herfsblare
Foto: Emma Koekemoer
“Vanoggend voor die son sy kop uitsteek, verskyn die wolke soos varsgebakte broodjies in die lug,”
sê Petro Schoeman
Die son sak oor Cullinan
Foto: Eus de Clerk
Herfs het aangebreek
Foto: Ronell van der Merwe
Eus de Clerk het dié kleurvolle herfsblare op die grond gewaar
April se volmaan soos Albert Bester hom gesien het
“Uit my sus se tuin,” sê Ronell van der Merwe oor dié proteas
Emma Koekemoer het op dié pragtige proteas in die veld afgekom
|