Pretloop met waterballonne gehou |
|
|
News -
Ons Mense
|
Friday, 17 May 2024 14:00 |
Untitled Document
Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) se eerste pretloop fondsinsameling was op 13 April. Lede van die publiek het by inwoners van die Paul Jungnickelhuis aangesluit om ’n roete, wat op die organisasie se Zwavelpoort-terrein uitgelê is, kaf te draf.
Die pretloop in volle swang
Deel van die pret vir inwoners was om mense met waterballonne te gooi. In ’n bedanking aan deelnemers sê KWO dat diegene wat die uitdaging om waterballonne te ontduik vreesloos aangegryp het, se sin vir pret ’n ekstra lagie opwinding aan die dag verleen het.
Die wegspring
Foto’s: KWO
Die organiseerders sê dat die volgende pretloop groter gaan wees, meer kleurvol en dat deelnemers beslis natter gegooi sal word. |
|