Mooi aand op Mooiplaats om fondse in te samel Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 17 May 2024 14:00
Untitled Document

’n Fondsinsamelingsfunksies ten bate van Parkinson se siekte is op 13 April by Studio 164, Grapedoor op Mooiplaats gehou. April was Parkinson se siekte-maand en 11 April was die internasionale dag vir dié siekte.


’n Gesellige kuier in die tuin

Die funksie het om 5 nm begin met ’n kunsuitstalling en daarna het die gaste by ’n vooraf bespreekte tafel in die tuin gekuier. Andrien Myburgh het ’n kort praatjie oor die siekte en die doel van die fondsinsameling gegee.


Leon Gropp, links, saam met Marcel en Deryn Dednam

Sy het verduidelik dat daar vir sommige mense die moontlikheid is om ’n diep brein stimulasie (DBS) operasie te ondergaan wat help om die simptome van Parkinson se siekte te beheer. Dit is ’n baie duur operasie en daarom die inisiatief om fondse in te samel om iemand te kan help. Die DBS genees nie die siekte nie; dit help slegs om daaglikse lewenstake makliker te maak.


Giepie se skildery

Giepie, iemand wat met die siekte leef en wat verlede jaar die DBS-operasie ondergaan het, het ’n skildery geskenk wat opgeveil is om tot die fonds by te dra. Dit is ’n goeie voorbeeld van wat die resultaat van so ’n operasie kan wees.

Die aand is mooi gemaak deur Leon Gropp van ‘Ontbytsake’, wat ook ’n sanger en kitaarspeler is, Marcel Dednam, ’n pianis, en Deryn Dednam, wat saksofoon speel.


Gaste ontvang ’n glasie wyn
Foto’s: Verskaf

“My pad het met Movement Disorder Support gekruis en saam met dié organisasie, wat ’n nie-vir-wins en ’n openbare bevoordeling-organisasie gestig het, is ’n baie suksesvolle en pragtige aand gehou,” sê Andrien.

Vir meer inligting, bel Andrien: 082-635-8863.

 

© 2024 Die/The Bronberger