Wapadrandse barista presteer |
|
|
News -
Ons Mense
|
Friday, 17 May 2024 14:00 |
Untitled Document
’n Barista wat by ’n koffieplek in Wapadrand werk, het in April derde plek in die Lavazza Wêreld-barista uitdaging in Italië behaal.
Die 26-jarige Christiaan Jacobs is vroeg in April in Pretoria-Oos getroud en het sy vrou, Bernice, saamgeneem om terselfdertyd wittebrood in Italië te hou.
Christiaan Jacobs by die kompetisie in Italië
Foto: Verskaf
Christiaan is in Desember as die wenner van die Suid-Afrikaanse been van die kompetisie aangewys. Suid-Afrika was een van 12 lande wat na die finale rondte van dié kompetisie deurgedring het. Die wenner was die Verenigde Arabiese Emirate.
Deelnemers het almal dieselfde koffiebone gekry om te gebruik, maar elke deelnemer moes binne tien minute op die verhoog sy of haar eie resep maak, dit bedien en verduidelik hoe die koffie gemaak is.
Christiaan het sy koffie San Bonani (‘ek sien jou’) genoem. Hy werk by Sorcery Coffee Roasters in Wapadrand en die koffie wat hulle gebruik kom van koffieboere in die provinsie Granma en stad Santiago in Kuba. |
|