leserslens April 2024 Print E-mail
News - Rubrieke
Saturday, 20 April 2024 09:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Onweerswolke oor Onbekend se mielielande
Foto: Ronell van der Merwe


Twee bytjies besoek ’n protea
Foto: Emma Koekemoer


’n Skouspelagtige wolkvertoning
Foto: Eus de Clerk


Dié gevlekte lyster het vroegoggend by Cullinan Diamond Village na wurms gesoek
Foto: Susan Roos


Cherene Goudriaan Botha het dié toneel op Zwavelpoort raakgesien


’n Kosmos-toneel soos net Laurika van der Linde dit kan afneem


Sonsondergang op Zwavelpoort
Foto: Cherene Goudriaan Botha


’n Propvol maan loer agter die wolke uit
Foto: Carmen Bredenkamp


Janine Janse van Rensburg het die sakkende son bewonder


’n Bytjie wie se harde werk voor die lens van Emma Koekemoer gekom het


Vinknessies teen sononder
Foto: Eus de Clerk


Anette Erasmus van Kleinfontein het dié hottentotsgot op ’n roos gewaar


Nimue Fletcher is nog ’n leser wat dié maand op bye inge-‘zoem’ het


Die akkedis loer oor sy skouer na Albert Bester se kameralens


Sonsondergang op Witfontein
Foto: Ursula Joubert


Susan Roos het ná baie geduld ’n mooi foto van dié bytjie by haar laventelbos gekry


Daleen Reiners van Bashewa sê dat haar aasblom sedert die begin van
Desember deurlopend blom


In kosmostyd is die bytjies baie besig
Foto: Emma Koekemoer


Albert Bester het op ’n by van ’n ander aard gefokus


Brose, blosende blomme maak hulle buiging in kosmostyd
Foto: Laurika van der Linde

 

© 2024 Die/The Bronberger