News -
Ons Omgewing
|
Saturday, 20 April 2024 09:00 |
Untitled Document
’n Klein blouapie is in Maart uit haglike omstandighede gered. Wet Nose Dierereddingsentrum het dié apie, wat aan ’n geut op Bronkhorstspruit vasgemaak is, te hulp gesnel.
Volgens die reddingsentrum is die waterbak buite die apie se bereik geplaas. Hy was erg gedehidreer in die hittige son sonder enige koelteskuiling, hy was honger en is deur kinders getart.
Die apie is aan ’n geut vasgebind
Foto: Wet Nose
Wet Nose het die apie by die Johannesburgse Veeartseny Hospitaal vir Wilde Diere laat opneem, waar hulle uitgevind het dat die outjie nie net fisies swaar gekry het nie, maar erge vrees vir mense toon en ’n “bodemlose honger” het, waarskynlik deur verlengde verwaarlosing.
’n Plek is vir hom by die Blouaap Stigting gevind, waar hy ’n pleegma gaan kry wat hom gaan wys hoe om soos ’n apie op te tree, te klim, te speel en om te leer hoe om te vertrou. |
|