Witties vier 120ste verjaardag Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 20 April 2024 09:00
Untitled Document

Laerskool Witpoort se 120ste verjaardag is met mag en mening by die skool se biltongfees op
16 Maart gevier.


Só is daar stories vertel

’n Storievertelkonsert met staaltjies van 1904 tot 2024 is gehou en selfs die kleuterskool het deelgeneem. Die graad sewes het volkspele gedoen en gesorg vir groot vermaak.


Dié uitbeelding van ’n storie sluit drie perde in

Daar was verskeie kraampies, pretparkritte en braaivleisvure vir leerlinge, ouers, onderwysers en die groter gemeenskap. Neil Somers was die gaskunstenaar.


Selfs die kleuterskool het deelgeneem
Foto’s: Laerskool Witpoort

 

© 2024 Die/The Bronberger