News -
Ons Mense
|
Saturday, 20 April 2024 09:00 |
Untitled Document
Inwoners van Equestria het in Maart self ingespring om hulle omgewing skoon te maak.
Jacqui Uys, raadslid vir wyk 85, het gesê dat die gemeenskap bekommerd was oor die toestand van die hoek van Stellenberg- en Furrowweg. Die munisipaliteit het die lang gras gesny en lede van die Equestria Gesamentlike Ekonomiese Gebiedsgroep het die onkruid uitgehaal, sypaadjies skoongemaak en kleiner bome gesnoei.
Equestria-inwoners spring self in om skoon te maak
Foto: X@CityTshwane
Jacqui sê dat dié groep een maal ’n maand byeenkom om verskeie dele van die gebied skoon en mooi te maak. |
|