Leserslens Maart 2024 Print E-mail
News - Rubrieke
Saturday, 23 March 2024 08:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Chérie Prinsloo het die hemelruim bo-oor Boschkop bewonder


Dié oggendstond het waarlik goud in die mond
Foto: Eus de Clerk


Dit lyk kompleet asof ’n reuse kwas die lug bo-oor die plaas Elandsfontein buite
Bronkhorstspruit ingekleur het
Foto: Riaan Jacobs


Die kuifkophoutkapper vang ’n wurm, wat hy dadelik nes toe neem vir die kuikens
Foto: Albert Bester


Silwer wolke in die maanlig wat oor Tweedracht skyn
Foto: Daleen Small


Vlakvark? Watwou! Carmen Bredenkamp het dié outjie, wat ’n blonde streep weg het,
voor die lens gekry


“Die natuur se mooi,” noem Emma Koekemoer van Rayton dié foto van haar


‘Moederliefde’ noem Eus de Clerk dié foto van hom


Wolkeprag deur die lens van Petro Schoeman


Reëndruppels op ’n roos
Foto: Emma Koekemoer


Emma Koekemoer het gekyk hoe die son agter ’n bloekomboom ondergaan

 

© 2024 Die/The Bronberger