News -
Ons Omgewing
|
Saturday, 23 March 2024 08:00 |
Untitled Document
Hartseer afskeid is in Februarie van die jagluiperdwyfie genaamd Rietvlei geneem. Dié wyfie, afkomstig van die Rietvlei-natuurreservaat, het in die Dinokeng-reservaat ’n superma geword toe sy met vyf werpsels geboorte aan 15 jagluiperdwelpies gegee het en almal suksesvol grootgemaak het.
Rietvlei was nege jaar en sewe maande oud en reservaatbestuurder, Dawid Boshoff, het gesê hy vermoed dat die oorsaak van haar dood ouderdom was. Jagluiperds kan 10 tot 12 jaar oud word.
Rietvlei, die jagluiperdwyfie
Foto: Verskaf
Volgens die Internasionale Vereniging vir Natuurbewaring se 2021-oudit is daar slegs 6 500 volwasse jagluiperds in die natuur oor. Daar is ’n geskatte 1 300 van hulle in Suid-Afrika. Geen wonder dat ’n wyfie wat 15 welpies bygedra het as superma beskryf word nie.
Rietvlei se nageslag maak deel uit van ’n jagluiperdprogram waar welpies na ander reservate oorgeplaas word in samewerking met die twee meta-populasieprojekte, die Endangered Wildlife Trust-projek en Vincent van der Merwe se The Metapopulation Initiative. |
|