Gemeenskap takel slaggate Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 23 March 2024 08:00
Untitled Document

’n Span van die Groter Lakes Gemeenskapsopheffingsdistrik in Silver Lakes en plaaslike ondernemings het op 5 Maart saamgestaan om slaggate in Silver Lakes-weg te takel.

Raadslid vir wyk 101, Malcolm de Klerk, verduidelik dat ’n nuwe beleid individue en nie-winsgewende instansies toestemming gee om aan Stad Tshwane se paaie te werk. Sulke werk deur die gemeenskap was nie voorheen toegelaat nie.


Gemeenskapslede besig om slaggate op te vul
Bron: Malcolm de Klerk

Malcolm sê dat Silver Lakes-weg in ’n slegte toestand was en dat die slaggate ’n gevaar vir motoriste ingehou het. As deel van die opheffingspan het Mica Silver Lakes die sakke asfalt geskenk en die ergste slaggate is daardie dag herstel.

“Ons is ’n sterk gemeenskap wat saam baie kan bereik,” het Malcolm gesê.

 

© 2024 Die/The Bronberger