Die Zwavelpoort-gebaseerde Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) het in Februarie met leedwese die sluiting van sy departement maatskaplike dienswerke aangekondig.
KWO bedryf steeds sy residensiële fasiliteit vir meer as 160 gestremde volwassenes en gaan voort om die Kungwini Vroeë Kinderontwikkeling-sentrum aan lede van die omliggende gemeenskappe te bied.
Die departement maatskaplike dienswerke word op 31 Maart gesluit weens finansiële beperkings wat geweldige druk op die organisasie plaas en ’n deeglike herstruktureringproses noodsaaklik maak. Dié besluit is nie ligtelik geneem nie, en die KWO bestuur het laat weet dat pogings aangewend word om personeel, wat deur die oorgangstydperk geraak word, te ondersteun, insluitende toegang tot beradingsdienste en hulp met werkplasing waar moontlik.
Kungwini Welsynsorganisasie se Zwavelpoort-kleinhoewe
Foto: KWO
Die departement was ’n hoeksteen van KWO se missie om die gemeenskap deur kritieke ondersteuning te dien en bystand aan behoeftige individue en gesinne te bied. In die lig van ekonomiese uitdagings en befondsing-beperkings moes die organisasie moeilike besluite neem om sy langtermyn volhoubaarheid en voortgesette impak te verseker.
“Ons ondersoek alternatiewe oplossings om voort te gaan met die ondersteuning van diegene wat behoeftig is, en ons is dankbaar vir die toewyding en harde werk van ons personeel in dié uitdagende tyd,” het Daleen Botes, uitvoerende hoof van KWO, gesê.
Vir navrae, kontak Daleen Botes by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
, 082-896-9267 of 012-940-0221. |