In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.
Dié reënboog op die pad tussen Bapsfontein en Cullinan het Dollo Norman se oog getref
Die son sak oor die plaas Elandsfontein buite Bronkhorstspruit
Foto: Riaan Jacobs
Chérie Prinsloo het dié wolkformasie op 8 Februarie oor Boschkop gesien
Emma Koekemoer het dié kleurvolle toneel by die Jan Ellis-kruising raakgesien
Nimue Fletcher het die son agter die wolke bewonder
Luna die Jack Russel groet die dag op Tierpoort
Foto: Hein de Wet
Sonstrale wat hoop gee . . . Die foto is deur Retha Sisler van Pretoriuspark geneem
Die silhoeët van ’n droë boom word deur die son se laaste strale verlig
Foto: Martie Gamba
Die son sak oor Kleinfontein
Foto: `Alet Erasmus
Paljassie, Benita Bekker se plaaskat, loer uit die boom
Foto: Ronell van der Merwe
Sonneblomme groet die oggendson op ’n Sondagoggend
Foto: Eus de Clerk
Dié hasie het nuuskierig na Marethe Grobler geloer
“Die natuur bly mooi,” sê Emma Koekemoer
|