News -
Ons Mense
|
Friday, 23 February 2024 08:00 |
Untitled Document
’n Kleuterskoolkind, JP van Tonder, het ’n nuwe baanrekord vir seuns onder ses by Laerskool Rayton opgestel.
JP van Tonder
Foto: Verskaf
JP, ’n leerling van Dapper Stapper Kleuterskool op Rayton, het op 25 Januarie aan die atletiekbyeenkoms by Laerskool Rayton deelgeneem en die baanrekord vir die 80 meter vir seuns onder ses met ’n tyd van 15.62 sekondes opgestel.
Hy het ook ’n eerste plek gekry in die 60 meter vir seuns onder ses met ’n tyd van 11.66 sekondes. |
|