Snorkoppies het uitgesterf Print E-mail
News - Toeka se dae
Friday, 26 January 2024 22:00
Untitled Document

Min mense weet deesdae wat ’n snorkoppie is. Dit is ’n woord wat mense laat giggel en vermoed dat dit dalk iets met Pretoria se vergange status as snor-stad te doen het.


’n Snorkoppie van naderby
Foto: Skeepswrakmuseum, Bredasdorp

Dit is ’n soort koppie waaruit snormans tee of koffie gedrink het. Die Engelse pottebakker, Havrey Adams, het dié koppies reeds in die 1830’s ontwerp met die vervaardigersmerk ‘HA & Co’. Tog het dit eers van omtrent 1890 tot 1910 baie gewild geword – die tydperk toe reuse stuursnorre mode was onder mans.

Koppies is ontwerp met ’n porseleinbruggie aan die bokant om te keer dat mans se snorre in die tee doop. Daar was ’n klein opening waardeur die tee gedrink kon word.


’n Versameling snorkoppies
Foto: pbs.org – Antiques Roadshow

‘Museum Memo’, volume 10, no 3 van 1991 noem dat snorkoppies bekend was in boeregasvryheid en dat dit vir ’n snorman beslis van praktiese waarde was.

 

© 2024 Die/The Bronberger