Kuiken só gered Print E-mail
News - Briewe
Friday, 26 January 2024 22:00
Untitled Document

Ronell van der Merwe van Onbekend:
Ek hoor en sien al vir ’n paar dae die Paradysvlieëvangers in ons tuin. En toe, vandag, vind ek vir baba op die grond in ’n bedding.

Ek hou die proses dop terwyl die ouers die voerwerk doen. Dié kleintjie vlieg al so ’n bietjie, maar grondlangs. Amper vang my Gismo-kat die arme dingetjie. Plan moet gemaak word.


Die kuiken word op die grond gevoer


Die kuiken veilig in die boom hoog bo die grond

Ek wou nie aan die babavoëltjie vat nie en het ’n takkie voor hom gehou. Gelukkig klim die dingetjie daarop. Het dit toe in ’n boom op ’n tak gesit, maar moet net noem dat pappa eers nie baie gelukkig met my was nie. Hy het op my afgeduik en oor my kop bly vlieg, totdat ek sy baba hoër verskuif het.

En daar word baba Paradysvlieëvanger in die boom hoog bo die grond verder gevoer.

 

© 2024 Die/The Bronberger