Ek begin van agter af lees |
|
|
News -
Briewe
|
Friday, 26 January 2024 22:00 |
Untitled Document
Louise Smith van Pretoria-Noord:
Dagsê. Met die baie tyd op hande die feestyd het ek omtrent ingeklim in my pragtige Bronberger se Kersuitgawe. Baie dankie vir die pragtige artikels, mooi foto’s, skaapboud vir Kersdag en vele meer.
Ek het eers van agter af begin lees tot halfpad. Toe het ek weer voor begin lees tot halfpad. Ek geniet elke oomblik saam met my Bronnie. Baie dankie vir die werk wat verbonde is aan die voorbereiding van elke maand se boekie.
Sterkte word julle toegewens in die nuwe jaar 2024. Vrede en seën aan al die Bronbergers en redaksie. Mag ons ’n vreugdevolle nuwe jaar belewe met Jesus ons middelpunt. |
|