Het jy gehoor? / Have you heard? – Des2023 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 20 December 2023 08:00
Untitled Document


Kersliggies Oppi-Plaas is van 15 tot 24 Desember by Legends Avontuurplaas op die R515-pad, Rhino Park. Skouspelagtige liggies, skitterende kunstenaars en kostuumkarakters skep ’n Kersfees-ervaring vir mense van alle ouderdomme. Neem foto’s saam met Kersvader, pos jou briefie Noordpool toe en besoek die Uitpak Kersmark. Plaaslike kunstenaars gaan in die aande optree. Daar is ’n mallemeule, volop vermaak vir kinders en koskraampies. Die program, kaartjiepryse, inligting en aanwysings is by www.kersliggies.co.za. Skakel 074-120-0279.

~*~


Vanjaar se Kersfees Skouspel word op Sondag, 17 Desember om 3 nm by die SunBet Arena by Time Square, Aramistlaan 209, Waterkloof Glen aangebied. Meer as 15 top kunstenaars gaan in dié produksie optree, van Jak De Priester en Corlea tot Alwyn Oberholster, Granville Michaels, Ruhan du Toit en West. Die wêreldbekende Cindy Alter is die internasionale gaskunstenaar. Die skouspel is deur Lefra Produksies en ‘Noot vir Noot’ se Jaconell Mouton is die musikale regisseur. Frans Swart, bekend as regisseur van al die skreeusnaakse klugte soos ‘My Vrou se Man se Vrou’, is die regisseur. Kaartjies kos van R225 tot R750. Skakel Lefra Produksies by 011-815-3000, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die veelsydige kos- en kabaretkunstenaar, Willie Strauss, bied ’n Oukersaand Kersfeestafel aan op 24 Desember om 6 nm by Die Sinkhuis, Rossstraat 32, Cullinan. Die koste is R450 en eie drinkgoed is welkom. Die voorgereg is waatlemoensop. Die hoofgereg sluit in: Skaapboud; ‘gammon’ in pynappel gaargemaak; beestong met ’n sjerrie mosterdsous, pampoenkoekies, outydse boontjies met aartappel; rys; en slaai. Die nagereg is meringue, sjokolade vrugtekoek truffels en roomys. Bespreek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of WhatsApp: 082-775-8110.

~*~


Not going on holiday this year? How about a local adventure? Sky Dive Pretoria presents Christmas jumps on 23 December at Wonderboom Airport.  Book your place at https://bookings.burblesoft.com/index/8111/81. Phone them at 081-499-5739 or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Sonja Herholdt en haar beste hondjiepêl, Tjokker, besoek AfriForum Teater op 13 Januarie om
10 vm met ’n prettige kinderteaterproduksie. Tjokker dink hy is super-slim en dat hy die maatjies allerhande lesse gaan leer, maar hy maak soveel foute. Wie sal ooit by kom kan leer? Sal die maatjies asseblief vir Sonja gaan help? Die program is vir voor- en laerskoolkinders en sommer almal wat jonk van gees is. Kaartjies kos R120. Skakel die teater by 066-420-6181 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum, hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark.

~*~


Na ‘Saterdagklavier’, ‘Somerklavier’ en ‘Sondagklavier’ se sukses spring Rocco in 2024 weg met ‘Nuwejaarsklavier’. Dié akoestiese reis van musiek (oud en nuut) word op 21 Januarie om 3 nm by Atterburyteater, Daventrystraat 4, Lynnwood Manor aangebied. Daar is kwinkslae, nuwe kortbroeke, nuwe sokkies en vars energie. Met Hansie Roodt junior saam is die energie reg vir die nuwe jaar. Kaartjies kos R200 tot R260. Skakel 071-686-7733 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Eckhart Tolle is coming to South Africa and he will be in Pretoria with ‘Motivational – An Evening with Eckhart Tolle’ on 8 February at 7 pm at the Heartfelt Arena, Voortrekker Road, Thaba-Tshwane. Eckhart’s profound yet simple teachings have already helped countless people throughout the world find inner peace and greater fulfilment in their lives. With his hallmark warmth, humour and compassion, the evening will connect you with the peace and serenity that arise from living in the moment. Tickets cost from R725 to R3 000 and are available at Ticketpro.

 

© 2025 Die/The Bronberger