In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.
Skemeraand in Jakaranda-tyd
Foto: Laurika van der Linde
Dit is al asof dié hottentotsgot iets in gebaretaal probeer verduidelik
Foto: Susan Roos
Nog ’n pragtige sonsaktoneel in ons kontrei
Foto: Emma Koekemoer
“Kyk hoe mooi staan die rooi uit teen die wit muur,” sê Emma Koekemoer oor dié
foto wat sy geneem het
Die amperse volmaan loer agter die wolke uit
Foto: Marinda Smal
`Alet Erasmus sê dat sy dié slakke wat ná die reën uitgekom het, net moes afneem
Pa kwêvoël het vir baba gebring om te kom piesangs eet
Foto: Naomi Niewoudt
Gatto is sy naam en dit beteken ‘kat’ in Italiaans, want hy is ’n Italiaanse eetplek op Cullinan se geliefde restaurantkat
Foto: Jan Theron
Levina Cochrane het op dié veldblom in Rayton afgekom
’n Peinsende kransduif wag geduldig by die kosbak
Foto: Albert Bester
“Die definisie van oordaad,” sê Fritz Rischmuller van Equestria oor sy foto
Reuben Yssel het die son wat deur die wolke skyn bewonder
’n Wilde storm is op pad om die laaste Jakarandablommetjies van die bome te stroop
Foto: Jan Theron
’n Jan Frederik het ’n nessie in die Horns se binnehof gebou en begin eiertjies lê
Foto: Huibrecht Horn
’n Ongewone wolkformasie gesien deur die lens van Laurika van der Linde
Hilda de Bruyn van Rayton het dié sampioene ná ’n paar goeie buie reën op haar grasperk gewaar
|