Rayton skitter in robot-kompetisie |
|
|
News -
Ons Mense
|
Thursday, 16 November 2023 12:00 |
Untitled Document
Die LegoBot Legend-span, bestaande uit 11 laerskoolleerders van Rayton, het ’n indrukwekkende derde plek in die First Lego League (FLL) robotkompetisie verower. Vier-en-veertig robotspanne in die Gauteng Sentrale Streek het op 28 Oktober by Unisa aan dié kompetisie deelgeneem.
Johanko Fourie, Wicus Myburgh, Henno Janse van Rensburg, Johnathan Grant, Ruan Wiese,
Elmary Coetzee, Elzani Wiese, Taria Coetzee, Mieke Marie Fourie en Tanika Fourie.
Inlas: Nathan Silver
Foto: Verskaf
Dié internasionale robotika-program is gemik op die betrekking van studente in wetenskap en tegnologie-uitdagings. Dit vereis dat spanne robotte bou, programmeer en bedryf om ’n reeks take op ’n spesiaal ontwerpte speelveld uit te voer.
LegoBot Legends het vir die nasionale kompetisie op 1 en 2 Desember by die Sci-Bono Discovery-sentrum in Johannesburg, gekwalifiseer. |
|
|